Anafora - herhaling van dieselfde woord of uitdrukking aan die begin van versreëls.
Antitese - teenstelling van teenstellende begrippe of gedagtes.
Enumerasie - opnoeming of opsomming van verskillende sake of begrippe wat soms nie lyk of hul bymekaar pas nie.
Inversie - Omkering van gewone of natuurlike woordorde.
Ironie - Vorm van humor en bedekte spot.
Paradoks - skynbare teenstrydigheid wat dieper waarheid verberg. "Ek veg vir vrede"
Repetisie - beklemtoning deur oordoen, oorsê en oorvertel.
Sarkasme - sterk, beledigende vorm van ironie.
Asindeton - afwesigheid van voegwoord. Bv. Al haar hemde, rokke, skoene, alles, val by die kas uit.
Polisindeton - Oormatige gebruik van voegwoorde. Bv. Staan en sit en staan en sit en staan.
Ellips - 'n Sin wat onvoltooid gelaat word as gevolg van die weglaat van woorde. (...) Word ook beletselteken genoem. Bv. Die polisieman knik, en toe...
Enumerasie - Opnoemtegniek. Opnoem of opsomming van verskillende sake. Bv. Simonsberg, Oranjerivier, Namakewaland en Kaapse-vlaktes.
Eufemisme - 'n Harde werklikheid word sag gestel.
Bv. Die elemboog lig. (Baie drink.)
Die meisie het lang vingers. (Sy steel.)
Tydelike met die ewige verwissel. (Om te sterf.)
Defemisme - Wanneer iets besonders skerp en/of kras gestel word. Bv. Beledigings.
Hiperbool - Buitensporige oordrywing.
Bv. Ek werk my dood! (Nee, jy werk net hard.)
Sy is die mooiste meisie in die wêreld! (Hoe sal jy weet? Was jy al oral?)
Ek het jou 'n miljoen keer gewaarsku! (Rêrig? 'n Miljoen keer? Is jy seker? Het jy getel?)
Litotes - Oormatige verkleining.
Bv. Hierdie is 'n klein geskenkie van R1000. (Dis duur.)
Dit gaan nie sleg nie... (Dit gaan goed.)
Oksimoron - Opsetlike teenstrydigheid tussen twee woorde.
Bv. 'n Plastiekglas.
Ou nuus.
Aaklig mooi.
Bitter-soet.
Treurige glimlag.
Horende doof; sienende blind.
Parallelisme - Herhaling van versreëls kort na mekaar.
Bv. Dit gaan goed met die wat onberispelik lewe, die wat wander volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met die wat sy verordeninge gehoorsaam, die wat met hulle hele hart sy wil doen.
Retoriese vraag - Vraag wat nie antwoord veg nie.
Dink jy dit was vir my lekker?!
Juffrou kan my mos nie uitskop nie, kan sy?
Die held wat sterf, wat wen hy?
Woordspeling - die humoristiese gebruik van verskillende betekenisse van 'n woord.
Retoriek - Valse, oordrewe verslete beeldspraak wat as oorversiering aangebied word. Veral politici.
Bv. Viva die massa! Viva!
Vir Volk en Vaderland!
Baie gehelp dankie
AntwoordVee uitWat is die stylfiguur van (nog in my laaste woorde sal jy wees)
AntwoordVee uitOmkering
Vee uitInversie
Vee uitMagda hou die waarheid skuins
AntwoordVee uitDink u dat Polisindeton gebruik word om die herhaling te beklemtoon? Bv. In Palimpses (een van die matriek 1ste addisionele taal gedigte) in die 1ste strofe - die herhaling van "en"
AntwoordVee uitWat is die stylfiguur in die gedig Die wêreld het so klein geword deur Alta Marincowitz
AntwoordVee uitWat is die stylfiguur van "Jy" in "nog in my laaste woorde"
AntwoordVee uitWat sal die stylfiguur van "uitgelate gasse" wees
AntwoordVee uitIrriterende kleinboetie
AntwoordVee uitWat is die stylfiguur vir irriterende kleinboetie
AntwoordVee uitWat is die stylfirguur in gedig Die en die Kers
AntwoordVee uitWat is die stylfiguur in die gedig Die wêreld het so klein geword
AntwoordVee uitinterteks?
AntwoordVee uitwat sal die stylfiguur van "vreemd,ling
AntwoordVee uitWatse beeldspraak is daar in ... het iemand dalk getwyfel of oom Josef n humorsin gehad het?
AntwoordVee uit