Elegie - ter ere van 'n oorledene. 'n Treursang gewoonlik in prosastyl. Ritme, rym, en beeldrykheid kom ook voor.
Satire - Word ook 'n hekelgedig genoem. Spot skerp met die lewe en menslike swakhede. Dwaashede, ondeugde, swakhede, tekortkominge en wanpraktyke word bespotlik voorgestel. Spoor verbeteringe aan.
Metapoësie - Word ook metateks genoem. Poësie wat handel oor poësie. Die fokus word weggeskuif van wat geskryf is na die skryfhandeling self.
Briefgedig - boots die vorm van 'n brief na. Baie persoonlik, aan iemand gerig.
Funêre gedig - gedig met dood as tema. Maak die oorsaak van die dood bekend en bevat ook 'n trooselement.
Huldegingsgedig - gedig as nagedagtenis aan 'n gesterwende.
Katalogusgedig - opnoem gedig. Oorsprong in antieke tye. Saamgestel uit 'n lys name, persone, abstrakte idees.
Liefdesgedig - gedig met liefde as tema. Gedig waarin liefde besing word.
Natuurgedig - lofsang van natuurskoon.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking