Vrydag 31 Januarie 2014

Stylfigure

Anafora - herhaling van dieselfde woord of uitdrukking aan die begin van versreëls.

Antitese - teenstelling van teenstellende begrippe of gedagtes.

Enumerasie - opnoeming of opsomming van verskillende sake of begrippe wat soms nie lyk of hul bymekaar pas nie.

Inversie - Omkering van gewone of natuurlike woordorde.

Ironie - Vorm van humor en bedekte spot.

Paradoks - skynbare teenstrydigheid wat dieper waarheid verberg. "Ek veg vir vrede"

Repetisie - beklemtoning deur oordoen, oorsê en oorvertel.

Sarkasme -  sterk, beledigende vorm van ironie.

Asindeton - afwesigheid van voegwoord. Bv. Al haar hemde, rokke, skoene, alles, val by die kas uit.

Polisindeton - Oormatige gebruik van voegwoorde. Bv. Staan en sit en staan en sit en staan.

Ellips - 'n Sin wat onvoltooid gelaat word as gevolg van die weglaat van woorde.  (...) Word ook beletselteken genoem. Bv. Die polisieman knik, en toe...

Enumerasie - Opnoemtegniek. Opnoem of opsomming van verskillende sake. Bv. Simonsberg, Oranjerivier, Namakewaland en Kaapse-vlaktes.

Eufemisme - 'n Harde werklikheid word sag gestel.
Bv. Die elemboog lig. (Baie drink.)
Die meisie het lang vingers.  (Sy steel.)
Tydelike met die ewige verwissel. (Om te sterf.)

Defemisme - Wanneer iets besonders skerp en/of kras gestel word. Bv. Beledigings.

Hiperbool - Buitensporige oordrywing.
Bv. Ek werk my dood! (Nee, jy werk net hard.)
Sy is die mooiste meisie in die wêreld! (Hoe sal jy weet? Was jy al oral?)
Ek het jou 'n miljoen keer gewaarsku! (Rêrig? 'n Miljoen keer? Is jy seker? Het jy getel?)

Litotes - Oormatige verkleining.
Bv. Hierdie is 'n klein geskenkie van R1000. (Dis duur.)
Dit gaan nie sleg nie... (Dit gaan goed.)

Oksimoron - Opsetlike teenstrydigheid tussen twee woorde.
Bv. 'n Plastiekglas.
Ou nuus.
Aaklig mooi.
Bitter-soet.
Treurige glimlag.
Horende doof; sienende blind.

Parallelisme - Herhaling van versreëls kort na mekaar.
Bv. Dit gaan goed met die wat onberispelik lewe, die wat wander volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met die wat sy verordeninge gehoorsaam, die wat met hulle hele hart sy wil doen.

Retoriese vraag - Vraag wat nie antwoord veg nie.
Dink jy dit was vir my lekker?!
Juffrou kan my mos nie uitskop nie, kan sy?
Die held wat sterf, wat wen hy?

Woordspeling - die humoristiese gebruik van verskillende betekenisse van 'n woord.

Retoriek - Valse, oordrewe verslete beeldspraak wat as oorversiering aangebied word. Veral politici.
Bv. Viva die massa! Viva!
Vir Volk en Vaderland!

Beeldspraak

Clichè - beeldspraak wat trefkrag verloor het.

Metafoor - 'n saak van gelyk stel aan 'n ander. Hy is 'n vark. Sonder nes en asof.

Vergelyking - sê dat iets soos 'n ander lyk, klink of voel. Hy is soos 'n vark.

Personifikasie -  soort metafoor waar menslike eienskappe aan natuurverskynsels, lewelose voorwerpe of diere gegee word.

Simboliek - woord of voorwerp wat 'n ander saak verteenwoordig.

Sinestesie - soort metafoor of vergelyking. Meer as een sintuiglike waarneming.

Antonomasia - dui iets / iemand deur middel van 'n eienaam aan. Bv. Hy is 'n Salomo - hy is wys.

Metonimia - 'n Bepaalde geheel word gebruik om na 'n ander geassosieerde konsep te verwys. Bv. Die ketel kook. (Dit is nie die ketel wat kook nie, maar die water daarin.)

Sinekdogee - 'n geheel word deur 'n deel aangedui. Bv. Ek gee jou my hart. (Verwys eintlik na hele liggaam.)

Onomatopee - Klanknabootsing. Voorstelling van klank.  Bv. kiep-kiep, tok-tok, piet-my-vrou.

Simboliek - 'n teken of voorwerp wat 'n ander saak verteenwoordig.
'n Sleutel simboliseer kennis.
'n Duif simboliseer vrede en vryheid.
'n Klip simboliseer sterkte en standvastigheid.
'n Huis simboliseer sekuriteit.
'n Kruis simboliseer verlossing, Christenskap, werklikheid.
'n Slang simboliseer die bose.
'n Rooi roos simboliseer liefde.
'n Appel simboliseer temptasie.
Rooi simboliseer woede of gevaar.

Sinestesie - meer as een sintuiglike waarneming word ervaar. Bv. Ek proe jou met my .


Digsoorte

Elegie - ter ere van 'n oorledene. 'n Treursang gewoonlik in prosastyl. Ritme, rym, en beeldrykheid kom ook voor.

Satire - Word ook 'n hekelgedig genoem. Spot skerp met die lewe en menslike swakhede. Dwaashede, ondeugde, swakhede, tekortkominge en wanpraktyke word bespotlik voorgestel. Spoor verbeteringe aan.

Metapoësie - Word ook metateks genoem. Poësie wat handel oor poësie. Die fokus word weggeskuif van wat geskryf is na die skryfhandeling self.

Briefgedig - boots die vorm van 'n brief na. Baie persoonlik, aan iemand gerig.

Funêre gedig - gedig met dood as tema. Maak die oorsaak van die dood bekend en bevat ook 'n trooselement.

Huldegingsgedig - gedig as nagedagtenis aan 'n gesterwende.

Katalogusgedig - opnoem gedig. Oorsprong in antieke tye. Saamgestel uit 'n lys name, persone, abstrakte idees.

Liefdesgedig - gedig met liefde as tema. Gedig waarin liefde besing word.

Natuurgedig - lofsang van natuurskoon.

Kenmerke

1) Titel - die opskrif.

2) Innerlike bou - verwys na inhoud van die gedig.

3) Rym en ritme - rym is herhaling van dieselfde klanke binne of aan einde van vesreëls.
                            
                             ritme is die herhaalde patroon van klanke wat beweging skep.

4) Uiterlike bou - verwys na struktuur. Hoe dit op papier lyk.

5) Literêre stylmiddels - beeldspraak is 'n figuurlike vorm van taalgebruik.
                            
                                        stylfigure in 'n nie letterlike uitdrukking van woorde.

Uiterlike bou

1) Hoofletters - normaal of abnormaal?

2) Leestekens/punktuasie - normaal of weggelaat?

3) Ritme -  Bepaalde ritme of spreektaalritme?
    
4) Rymskema?
    *Paarrym                         aa bb cc
    *Kruisrym                       ab ab cdcd
    *Omarmde rym               abba cddc
    *Gebroke rym                 abcd defe
    *Vrye vers                       geen rym
    *Skelrym                         abba ccde
    *Slagrym                         aaaa bbbb cccc dddd

5) Skakels - herhalings of repitisie van woorde, frases of klanke.

6) Stemming of toon - formeel of informeel?

7) Tema - aktueel of relevant?

8) Vorm / patroon - lengte van versreëls en strofes.

Innerlike bou

1) Tema -  hoof gedagte of sentrale idee.
2) Universialiteit - tyd, situasie, plek.
3) Intertekstualiteit - idees en woorde leen van bestaande gedigte of litêre tekste.
4) Spreker -  iemand wat praat, 'n stem.
5) Aangesprokene - persoon met wie gepraat word.
6) Stemming - emosionele atmosfeer of gevoel.
     *droewig
     *ernstig
     * komies
     * morbied
     * opgeruimd
     * weëmoedig
7) Toon - die manier of houding van jou stem.
    * hartseer
    * vriendelik
    * onbeskof
    * saaklik
    * spottend
    * sarkasties